top of page

NG Delareyville is 'n klein plattelandse gemeente binne in 'n boerdery gemeenskap in die Noordwes.

​

Ons gemeente is gestig op 20 September 1912 in 'n tyd toe Delareyville nog bekend gestaan het as "Salt Waters".

​

In 1914 is die regering versoek om die dorp te vernoem na Generaal De la Rey en die dorp naam het verander Delareyville. Die gemeente se eerste eredienste was in 'n sinkgeboutjie, wat later vervang is met die kerksaal. Alhoewel die gemeente al in 1917 besluit het om 'n kerkgebou op te rig, het dit egter lank geneem voordat die kerkgebou ingehuldig is. Die gemeente was baie trots daarop dat die kerkgebou sonder skuld ingehuldig kon word op 3 Mei 1936. Die argitek van die kerkgebou was die bekende Gerhard Moerdyk. Die kerkgebou is ook intussen verklaar tot 'n nasionale gedenkwaardigheid.

​

Tans bestaan die gemeente uit 343 belydende lidmate en 102 dooplidmate.

​

​

Kontak: Kerkkantoor

​

E-pos: ngmoed@lantic.net

Tel: 053 948 1678

Kantoor ure: Maandae tot Vrydae 08:00-13:00
  

Kontak: Leraar

​

Dr. SJP Slabbert

E-pos: sjpslabbert@gmail.com

Tel: 053 948 0030
Sel: 082 948 3406

  

Eredienste

​

Geen fisisiese eredienste op die oomblik nie.
  

Ons mag eredienste van 7 Februarie 2021 hervat! Daar is egter 'n beperking van 50 persone maksimum.

Ons sal voortgaan met die verspreiding van vooraf

opgeneemde video en audio preke

totdat die getalle verhoog

bottom of page